Internasionale tennis op pad na Mbombela in 2026

Suid-Afrika sal in 2026 14 weke van die Internasionale Tennisfederasie se Wêreld Tennistoer-toernooie aanbied.

Twee weke daarvan is die eerste Mbombela Ope Wêreldreeks wat in April begin.

Tennis Suid-Afrika sê die uitgebreide kalender bied aan Suid-Afrikaanse spelers die geleentheid om tuis deel te neem, waardevolle punteleer punte te verdien en noodsaaklike internasionale ervaring op te doen.

Sabelo Mathebula is die toernooi direkteur van die Mbombela Ope en Zakhele Nkosi die operasionele bestuurder.

Luister hier: