Die Departement van Water en Sanitasie sê ‘n veiligheidsinspeksie by die Senteeko-dam buite Barberton het getoon dat die uitloop-struktuur so verswak het, dat dit moeilik herstelbaar sal wees.
Ingenieurs was gister besig met ‘n sekondêre uitloop as noodmaatreël.
Gemeenskappe stroomaf van die dam is gewaarsku om as voorsorgmaatreël na hoër grond te beweeg, weens die moontlikheid dat die damwal kan meegee, hoewel dit nie ‘n digbewoonde area is nie.
Die sekondêre uitloop het ten doel om die risiko van ineenstorting by die hoofuitloop te verlig.
Volgens die departement se damveiligheidspesialis, Wally Ramokopa, drup die damwal en bly dit gevaarlik.








