Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het waarskuwings vir hewige donderstorms uitgereik, terwyl swaar reën en donderstorms na verwagting oor die naweek sal voortduur.
Oranje vlak 5-waarskuwings geld vir dele van die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes, terwyl geel vlak 4- en 2-waarskuwings vir Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo in plek is.
‘n Weervoorspeller, Tokelo Chiloane, sê storms kan tot skadelike winde, weerlig, hael en plaaslike oorstromings lei.
Luister:





