100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hewige donderstorms verwag te midde van hittegolf in Laeveld

Written by on February 3, 2025

‘n Hittegolf sal na verwagting oor die Laeveld van Mpumalanga, Limpopo en die Limpopo Vallei sowel as ander dele van die land tot Dinsdag duur.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het inwoners versoek om genoeg water te drink, lang ure in die son te vermy en kwesbare groepe te beskerm.

Intussen is ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms uitgereik vir dele van Mpumalanga sowel as Gauteng, KwaZulu-Natal en Noordwes.

Swaar reën, hael en skadelike winde is moontlik vandag.

Sien ook: Drie liggame ontdek in gru-vonds naby Malalane