SAVF Herfsakker het vanoggend ‘n spesiale partytjie gehou om die 100ste verjaarsdae van nie een nie, maar twee inwoners dié maand te vier.
Ouma Sakkie Potgieter het reeds op 12 Maart haar verjaarsdag gevier en Ouma Anna de Beer verjaar vandag.

Die tehuis het besluit om vir albei saam ‘n groot makietie te hou.

Ouma Anna is van Barberton en was in haar lewe die ma van vier. Sy het ook ses kleinkinders en 14 agterkleinkinders.

Ouma Sakkie is oorspronklik van Komatipoort en het vier kinders gehad, 12 kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

Charl Ainslie en Veronica de Beer was daar om Intrax Warehouse/Christie Group te verteenwoordig wat die verjaarsdagkoeke geborg het.

Ouma Anna se kleindogter het vir elke partytjieganger ‘n boksie keurige eetgoed bymekaar gesit.

Die Care Buddies het die saal versier om dié spesiale geleentheid met styl te vier.





