100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gratis toegang tot nasionale parke in September

Written by on August 20, 2024

SANParke vier volgende maand die 19de jaarlike SA Nasionale Parke-week met gratis toegang tot die meeste van sy 21 nasionale reservate.

Die geleentheid begin op 8 September in die Marakele Nasionale Park in Limpopo en strek tot die 14de en 15de by uitgesoekte parke.

In die Krugerwildtuin duur dit vanaf 9 tot 13 September.

Parkeweek geld gewoonlik nie oor naweke hier nie, omdat die wildtuin bloot te besig raak.

Besoekers word ook aangeraai om vooraf te bespreek om hul plekke by die toegangshekke te bespreek.

SANParke se JP Louw wys daarop die gratis toegang sluit nie verblyf of bykomende toeristebedrywighede in nie.

LuisterENG-LouwOnParks

Die projek, wat in 2006 ingestel is, is daarop gemik om die natuurlike en kulturele erfenis van Suid-Afrika te bevorder en bewustheid van bewaring en volhoubare ontwikkelingspraktyke te ontwikkel.

Sien ook: NHS rugbyspelers eindig 2024-seisoen op hoë noot


×