FlySafair begin met direkte vlugte na Kaapstad

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
flysafair KMIA

FlySafair het vandag met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad begin.

Dit is die eerste keer dat dié lugredery vandaf die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe vlieg.

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het by die amptelike bekendstelling van die historiese roete vanoggend gesê dit sal ‘n groot bydrae lewer om die provinsie as ‘n toerisme-aantreklikheid te bevorder.

Sy sê hulle hoop om dit ook na Durban in te stel en FlySafair het aangedui hulle sal dié opsie ondersoek.

Luister hier:

Sien ook: Wêreld Outismedag vandag herdenk