Finansiële kantore by munisipaliteit brand

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n brand wat vroeg gisteroggend by die munisipale kantore in Bosbokrand ontstaan het.
Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê verskeie kantore is beskadig voor die brandweer die vuur kon blus.
Elf kantore is beskadig, waarvan tien deel was van die finansiële afdeling en een die interne oudit-afdeling.
Volgens Mdhluli is bierbottels met watte in op die toneel gekonfiskeer.

Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, sê dit sal dienslewering in die munisipaliteit negatief raak.
Enigiemand met inligting is gevra om die ondersoekbeampte te kontak by 082-319-9732.