Besoekers, inwoners en atlete is gewaarsku om uiters versigtig te wees voor hulle sommer swem in damme, strome en riviere in die Laeveld.
Dít na ‘n bergfietsryer verlede Saterdag tydens die Barberton XCM besluit het om in ‘n dam af te koel en deur ‘n krokodil gebyt is.
Andrew Geldenhuys van SARZA sê dit was ‘n relatief klein krokodil, en die deelnemer kon verder aan die wedren deelneem.
Hy deel die besonderhede met Ludi en Mireille. Luister weer hier: