Die afgetrede onderwyser van Nelspruit, Karin van Aardt, se drie vermeende moordenaars het Vrydag in die Bishop Lavis-landdroshof hul borgtogaansoeke laat vaar.
Ndiyabulela Vayi, Thando Nkolongo en Yamnkela Mdunyelwa het Dinsdag reeds op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede verskyn.
Die staat voer aan die drie het twee weke tevore Van Aardt in haar gehuurde motor by ‘n verkeerslig naby die Kaapstad-lughawe probeer beroof en haar met ‘n skerp voorwerp gesteek.
Sien meer: Vermeende moordenaars doen Vrydag aansoek om borgtog
Sy is later in die hospitaal oorlede.
Volgens Netwerk24 is die saak tot 26 Februarie uitgestel.




