Drie ongedokumenteerde mans aangekeer in Graskop
Written by Mireille on March 27, 2025
Drie verdagtes verskyn vandag in die hof na hulle eergister in Graskop aangekeer is weens oortreding van die Immigrasiewet.
‘n Ontwrigtende operasie is uitgevoer as deel van Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede teiken.
Die drie kon nie dokumentasie om wettig in die land te wees lewer nie. Hulle verskyn vandag in die Graskop-landdroshof.