Drie mense is dood toe ‘n Volkswagen Polo Saterdagaand teen die agterkant van die ligte afleweringsvoertuig op die N4-tolpad tussen die Karino en Valencia-wisselaar in Mbombela gebots het.
Die woordvoerder van die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die sedan het ná die botsing langs die pad omgeslaan.
Twee mense in die sedan het ernstige beserings opgedoen.
Luister:
Drie mense is ook Saterdagoggend vroeg dood in ‘n trompop-botsing op die N4 tussen Matsulu en Mbombela.
‘n Vierde persoon is kritiek beseer. Die bestuurder van die geartikuleerde vragmotor is ongedeerd.