Curriebeker: Haaie die finale hekkie vir Pumas

Die Pumas bly in die stryd vir die uitspeelrondes voor Vrydagaand se wedstryd teen die Haaie.

Die Airlink Pumas het die WP Saterdag met 39-13 in hul Curriebeker-wedstryd in Kaapstad geklop en bly sodoende in die stryd vir die uitspeelrondes.

Die Pumas is nou vyfde op die punteleer, met die segelose WP heelonder.

Hulle speel Vrydagaand in Durban teen die Haaie in die finale ronde wat die laaste vier sal bepaal.

Sam Sikiwe is die spanbestuurder.

Luister weer: