Mev. Mpumalanga vier 10de jaar

Jacques Lombard het 10 jaar gelede die Mev. Mpumalanga-kompetisie begin. Hy gesels met 100.5FM op die vooraand van die 2025 kroning oor die groei en impak van dié wedstryd. Luister: 

Feed the Need se Kersfees-projek bars uit sy nate

Feed the Need se Kersfeesprojek het so gegroei dat hulle vanjaar vir meer as 1,200 behoeftige kinders Kersgeskenke kan gee. Lucille de Villiers en Crystal Joubert sê dit is alles deur die gemeenskap se ondersteuning moontlik gemaak. Luister:

Hanteer eksamenstres beter met hierdie wenke

Die matriekeindeksamen het afgeskop, maar natuurlik is dit nie slegs gr. 12-leerders wat sukkel met eksamenstres nie. Penryn se maatskaplike werker, Christel van Tonder, sê dit is soms vir gr. 8- en gr. 11-leerlinge erger. Sy deel raad wat ook ouers kan help om hul kinders te ondersteun. Luister:

Danie Botha ‘n maand na voorspelde wegraping

Die sanger Danie Botha het ‘n maand gelede opslae gemaak toe hy gewaarsku het dat die wegraping op 23 en 24 September sou plaasvind. Hy vertel vir die Middag Game Drive hoe alles ontvou het. Luister: 

Church Unlimited word 30

Church Unlimited in Nelspruit vier hierdie naweek sy 30ste bestaansjaar. Past. Rudolph Schutte en past. Marchant Pienaar kuier in die ateljee. Luister: