Rolstoele beskikbaar deur MAPD

Die Mpumalanga Association of & for Persons with Disabilities (APD) het rolstoele beskikbaar vir diegene wat dit benodig. Doen teen Vrydag aansoek. Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of kontak 060-982-9528. TK Khumalo vertel wat jy benodig om aansoek te doen. Luister weer:

‘Relay’ teen kanker die naweek

Die jaarlikse KANSA Relay for Life vind Vrydag tot Saterdag by Laerskool Laeveld plaas. Sandra Jacobs sê dit is ‘n fondsinsameling, maar ook ‘n gebaar van solidariteit met kankerpasiënte, hul geliefdes en versorgers. Amper 70 spanne het reeds ingeskryf. Luister weer: 

Riverside CID help rondloperkatte beheer

Riverside CID het ‘n program van stapel gestuur om rondloperkatte in die area te beheer. Shivon Wiggins en Zani Barrish vertel hoe werk “Trap-Neuter-Return”. Luister: Besoek hul webtuiste hier om betrokke te raak.

Netwerk met rolbal volgende week

Volgende Vrydag bied Buy Local Lowveld en die KLCBT ‘n netwerkgeleentheid saam met rolbal aan. Michelle Holdsworth en Linda Grimbeek vertel hoekom. Luister hier: Kontak [email protected] of 079-626-6244 om deel te neem of betrokke te raak.

Shingwedzi-ruskamp heropen Vrydag

SANParke het aangekondig dat Shingwedzi-ruskamp in die Krugerwildtuin Vrydag sal heropen na die sluiting daarvan weens oorstromings in Januarie. Vir nou is toegang slegs deur die Punda Maria- of Pafuri-hekke. Herstelwerk is ook aan die gang by die Letaba-hoogwaterbrug wat die teerpad tussen Mopani en Letaba-ruskampe verbind. Ander kampe wat in die noorde heropen het […]

Twee renosterkalfies in NKW gered 

Twee jong renosters is Saterdag in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gered na waaksame besoekers SANParke oor hulle gewaarsku het. Die kalfies, onderskeidelik 12 en 18 maande oud, is opgemerk waar hulle langs die pad na die Malelane-gedeelte rus. Owerhede het vinnig gereageer om hulle te vang en na ‘n veilige plek te neem. Die jonger […]