100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Brandstofprys daal weer

Written by on July 3, 2024

Die Departement van Minerale Bronne en Energie het aangekondig dat die prys van 95 oktaan loodvrye petrol vandag met 99 s/l verlaag word en die van 93 oktaan met R1,05.

Die groothandelprys van diesel het met tussen 24 s/l en 30 s/l gedaal, afhangend van die swaelinhoud.

Paraffien is 18 s/l goedkoper.

Dit is die tweede agtereenvolgende daling in brandstofpryse in drie maande.

Die departement sê prysdalings kan toegeskryf word aan internasionale oliepryse en die rand se wisselkoers teenoor die Amerikaanse dollar.

Luister ook: Sonop gaan Bos met reptielkenner


×