Brand by Rob Ferreira-hospitaal gou geblus

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Mpumalanga Departement van Gesondheid het bevestig dat ‘n brand gister by Rob Ferreira-hospitaal ontstaan het.

Dit is na bewering deur ‘n pasiënt se sigaretstompie veroorsaak.

‘n Pyp het aan die brand geslaan, en die vuur is deur die Mbombela-brandweer geblus.

Werknemers en pasiënte is betyds ontruim en niemand is beseer nie.

Die enigste skade is aan die pyp aangerig.

Daar was wel rook in verskeie sale, insluitend die dag- en pedeatriese sale.

Die Departement het rokers gevra om slegs in aangewese rookareas te rook.

Sien ook: Massa-skietery in Pienaar eis negende lewe