Sewe mense is vroeg vanoggend in ‘n botsing tussen ‘n sedan en ‘n bakkie oorlede op die N12 tussen Ogies/Phola en eMalahleni.
Dit het om ongeveer 04:30 gebeur.
Volgens die woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het die bakkiebestuurder oënskynlik beheer verloor en oor die middelman voor die aankomende sedan ingery.
Hy sê dit dui aan dat die bakkie moontlik teen ‘n baie hoë spoed beweeg het.
Luister:
Die bakkiebestuurder en sy manlike passasier is beide oorlede.
Die sedan, met Mosambiek nommerplate, was vanaf die rigting van Gauteng onderweg.
Al vyf insittendes, twee vroue en drie mans, is oorlede.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek en roekelose en nalatige bestuur word nie uitgesluit nie.
Die LUR, Jackie Macie, doen opnuut ‘n beroep op alle motoriste om die padreëls na te kom.







