100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Borgtog vir man wat glo openbare geweld aanhits

Written by on July 2, 2024

Die man wat aangekla word dat hy openbare geweld aangehits het, is gister deur die Nelspruit-streekhof borgtog van R2 000 toegestaan.

Xolani Gregory Khoza (38) word ook aangekla van die aanhits van terrorisme en intimidasie na hy op sosiale media ‘n beroep gedoen het vir ‘n nasionale afsluiting en die verwydering van president Cyril Ramaphosa.

Die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, sê as deel van sy borgvoorwaardes mag hy geen plasings op sosiale media maak nie.

Luister:

Die saak is uitgestel tot 2 September vir verdere ondersoek.

Sien ook: Drie vas na vrou se liggaam in vlak graf ontdek is


×