SANParke herinner dagbesoekers aan die Krugerwildtuin dat hekkwotas gedurende die feestyd geïmplementeer word om oorbevolking op paaie en by fasiliteite te verhoed.
Om toegang te verseker, word besoekers aangeraai om vooraaanlyn te bespreek by sanparks.dot.org.
Die administrasiefooi is R59 vir volwassenes en R29 vir kinders.
Voorafbespreekte dagbesoekers kry voorkeur by die hek, solank hulle binne hul gekose tydgleuwe opdaag.
Dit is 05.30 tot 08:00, 08:00 tot 10:00 en na 10:00.
Laat aankomelinge sal as ongebespreek beskou word.
Sodra die daaglikse kwotas bereik is, sal slegs voorafbespreekte besoekers toegang kry.
Daarna sal toegang vir diegene in die tou afhang van die getal besoekers wat die park verlaat.
Toegangsgelde vir Suid-Afrikaanse burgers is R134 per volwassene en R67 vir kinders tussen twee en 11 jaar oud.
Wild Card-eienaars word nie vrygestel van die besprekingsfooi nie.
Besoekers word gevra om by die wildtuin se reëls te hou.
Enige voorvalle kan aangemeld word by 013-735-4064 of 076- 801-9679.





