Die SAKP en Cosatu in Mpumalanga protesteer vandag teen wat hulle buitensporige hoë tolgelde op die N4 en N17 noem.
Dit sal volgens beplanning om 10:00 by verskeie tolplazas begin.
Dit sluit in die Nkomazi-, Machadodorp-, en Middelburg-tolhekke op die N4 sowel as die Ermelo- en Trichardt-tolhekke op die N17.
Die fokus sal op die Machadodorp-tolplaza wees waar ‘n gewone voertuig nou R112 in tolgeld betaal.
Hulle eis onder meer ‘n verlaging van 50% in die tolgelde wat tans gehef word, sowel as dat alle nasionale paaie deur die staat beheer word, eerder as derde partye.
