Beplande dam in Louw’s Creek verwelkom

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die aankondiging deur die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, dat ‘n nuwe dam in Louw’s Creek gebou gaan word, is wyd verwelkom.

Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT), sê dit is broodnodig om watertekorte in die Laeveld aan te spreek.

Volgens Grimbeek is vier verskillende liggings oorweeg voor daar – na breedvoerige studies – op dié een besluit is en verwag sy die dam sal binne die beplande agt jaar klaar gebou kan word.

Luister hier:

*Foto: Kwena Dam

Sien ook: Weerdiens waarsku teen hittegolf en buitengewone brandgevaar – Radio Laeveld