Beloning uitgeloof vir gesoekte vermeende moordenaar

Die polisie in Mpumalanga het ‘n beloning van R100,000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van een van die mees gesoekte vermeende moordenaars in die Calcutta-area. 

Phumulani Ezekiel Matsane (foto) word gesoek i.v.m. die skietdood van twee mans by ‘n taverne in Marite op 15 Mei 2023.

Die polisie waarsku dat Matsane bes moontlik gewapen en gevaarlik is.

‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê hy kan moontlik aan ander sake gekoppel word.

Enigiemand met inligting kan speurder Madala Ndashe by 076-244-8577 of Freddy Magagula by 082-780-6815 kontak.