Baanbreker Oz sterk goed aan na prosedure

Bewaring gaan oor veel meer as net sekuriteit. Wetenskap, kennis en opleiding speel ook ‘n belangrike rol, vertel Petronel Nieuwoudt van Care for Wild. Dié veilige hawe se Oz, ‘n sesjarige renosterwesie, was verlede Dinsdag die proefkonyn waarop die eerste CT-skandering suksesvol uitgevoer is op ‘n lewendige, volwasse renoster in die land. Nieuwoudt verduidelik dat […]
Innibos maak bietjie-bietjie ‘n terugkeer

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig moet bywoningsgetalle op die feesterrein tans beperk word tot 2 000 mense. Om voorsiening te maak vir die kunstenaars en mense wat op die terrein werk, kan slegs 1 800 kaartjies beskikbaar gemaak word […]
Vlammie bewys dat aanhouers wen

De Wet Broodryk verstaan wat wat beteken om nooit moed op te gee nie. Sedert hy in gr. 8 sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Bergvlam afgeskop het, het sy skildklier het hom verskeie, ernstige probleme besorg. Tog het hy nooit opgegee nie. Vir sy volgehoue harde werk, is hy verlede week by Hoërskool Bergvlam se meriete-aand […]
Versperring van paaie rondom Mbombela skerp veroordeel

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die sporadiese afsperring van paaie rondom Mbombela vanoggend skerp veroordeel. Die paaie wat in en uit areas soos Kanyamazane en Pienaar lei, sowel as die N4 by Matsulu is daardeur geraak. Die N4 tussen Nelspruit en Kaapmuiden is deur vragmotors afgesper weens protesaksie. Toegang tot KMI-lughawe […]
Vermeende stoper in wildtuin glo deur olifant vertrap

Die liggaam van ‘n vermeende stroper is gister in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gevind. NKW-woordvoerder, Ike Phaahla, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene deur ‘n olifant vertrap is en dat hy deur makkers vergesel en agtergelaat is. Die liggaam is deur veldwagters ontdek nadat hulle inligting ontvang het en spore gevolg het. […]
Laeveld nuus – week 42 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Gemeenskap geskok deur bekende Laevelder se moord in Barberton, borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word in Nelspruit, Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade en TRAC N4-tydren volgende maand in Dullstroom. Luister die hooftrekke hier.
TRACN4-tydren November in Dullstroom

Toeskouers word vanjaar, vir die eerste keer sedert 2019, toegelaat by die Nasionale Tydren-kampioenskap (NRC). Die laaste twee bene, die TRACN4-tydren, word vanjaar weer in Dullstroom aangebied. Dit vind op 26 en 27 November plaas. Dit is die tweede keer dat TRAC dit hier aanbied. Soos verlede jaar, sal die Dullstroom-epilepsiesentrum vanjaar weer die hoof […]
Eindeksamen: Moenie hierdie foute maak nie

Die matriekeindeksamen vir die klas van 2021 is hier. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê 2020 was ‘n goeie proeflopie vir skole om te leer hoe om leerlinge tydens die pandemie te ondersteun. Sy vind vanjaar se groep het baie angs, veral weens die wisseling tussen fisies en aanlyn skoolgaan, maar in […]
Graskop neem aksie na aanval op Franse toeriste

Toerisme rolspelers in Graskop het aksie geneem na ‘n bejaarde egpaar van Frankryk Maandag naby die dorp gekaap is deur drie verdagtes wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het. Die toeriste was besig om die area rondom Graskop in ‘n huurmotor te verken, toe hulle by die afdraai na Pelgrimsrus gestop is deur die aanvallers. Hulle […]
Samora Machel se dood by Mbuzini herdenk

“Ons het leiers nodig wat in Samora Machel se voetspore volg,” sê pres. Cyril Ramaphosa. “Leiers wat onbaatsugtig is, wat daaraan toegewyd is om te dien, en wat ook bereid is om opofferings te maak, soos Samora Machel het. “Ons het leiers nodig wat die behoeftes en aspirasies van die mense van ons kontinent bo […]