Jongste leeu besigtiging in Marloth was fopnuus

Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê die besigtiging van twee leeumannetjies in Marloth Park die naweek, vals was. Gerrie Camacho van die MTPA sê iemand het ‘n goeie opname, wat baie realisties geklink het, gemaak van twee leeus wat kwansuis in die area brul en dit gebruik om inwoners op hol te jaag. “Dit […]

Elukwatini-bevelvoerder amptelik gegroet

Kollegas van die Elukwatinivan Elukwatini-polisiestasie, kol. Beauty Marivate (55), het gister van haar afskeid geneem tydens haar amptelike begrafnisdiens by Elukwatini-stadion. Sy is op 30 Desember doogeskiet toe sy gereageer het op ‘n noodroep oor ‘n sakeroof en verdagtes op haar voertuig losgebrand het. Sy is gewond en is hospitaal toe gehaas, waar sy aan […]

Laeveld nuus – week 1 van 2022

In die nuus uit die Laeveld die week: 14-jarige in been geskiet deur vermeende kapers, tweede verdagte vas vir polisiespeurder se moord, toeris verdrink by Lisbon waterval en Kaapsehoop merrie uit strik verlos. Luister die hooftrekke hier.

Wilde Kaapsehoop merrie van strik verlos

‘n Merrie met ‘n baie jong vulletjie moes Maandag uit ‘n onwettige strik verlos word in Kaapsehoop, nadat dit om haar linker voorbeen verstrengel geraak het. Dr. Donnie Engelbrecht van Wijkstraat Dierehospitaal help gereeld met die bekende wilde perde van Kaapsehoop. “Die vrywilligers kontak my gewoonlik,” sê hy. Sy is gelukkig nie ernstig beseer nie. […]

Tweede verdagte vas vir polisieman se moord

misdaad

‘n Verdagte is Maandag in Barberton aangekeer vir die dubbele moord op speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi. Hulle is op 17 Oktober 2021 by Zanni Tavern doodgeskiet. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde. Lifa Blessing Nkosi (42), ‘n voormalige Mbombela-wyksraadslid, is in November daarvoor aangekeer en is sedertien in […]

Luister: Ma vertel hoe vermeende kapers dogter skiet

‘n Tienermeisie (14) is gister in haar been geskiet, terwyl sy saam met haar ma en boetie (11) op pad was terug huis toe van vakansie af in die Krugerwildtuin. Die gesin van Pretoria het in Pretoriuskop gekamp en het die wildtuin by Numbi-hek verlaat. Sers. Nanikie Nonyane, woordvoerder van die Masoyi-polisie, het bevestig dat […]

Brugemeester onder padsterftes in Mpumalanga

Die burgemeester van Emalahleni-munisipaliteit, Linah Malatjie, het gisteraand saam met haar man, Esau, verongeluk. Hulle was om ongeveer 22:30 tussen KwaMhlanga en Witbank onderweg, toe hulle in ‘n trompop-botsing betrokke was. Hulle het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye aan die familie betuig. Sy […]

Laeveld nuus – Week 52 van 2021

In die nuus uit die Laeveld die week: Toeriste buite Numbi-hek aangeval, twee jong mans verdrink, en Radio Laeveld maak ‘n bietjie geskiedenis in die Vrystaat. Luister die hooftrekke hier.

Kuier in die gange van die geskiedenis by Onze Rust

Radio Laeveld 100.5FM het geskiedenis gemaak deur gister regstreeks uit te saai vanaf Onze Rust-landgoed, die familieplaas van oudpresident MT (Martinus Theunis) Steyn. Steyn was die sesde en laaste president van die onafhanklike Republiek van die Oranje Vrystaat van 1896 tot 1902. Dit was die eerste keer dat enige radiostasie vanaf die historiese baken uitgesaai […]

Drie voor die hof weens onwettige vuurwapens

Twee verdagtes is gister in Sabie aangekeer deur die Nelspruit Blitspatrollie. Hulle was glo in die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Gugu Phiri, was hulle in ‘n voertuig wat na bewering by Kabokweni gekaap is. Die nasporingsmaatskappy en polisie het hulle gevolg. Sy sê hulle het in bosse in gevlug toe […]