Grace Baby Haven open eersdaags sy deure vir weggooibabas

Grace Baby Haven maak in Januarie sy deure oop as ‘n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar ‘n baie groot vraag is. Stigters Justin en Ané Grobbler vertel dat daar die jaar alleen meer as 85 kinders agtergelaat is in net Nelspruit en Mataffin, meestal in hospitale waar ma’s geboorte skenk. Dié nie-winsgewende organisasie werk […]

Laeveld nuus – Week 51 van 2021

In die nuus uit die Laeveld die week: Mpumalanga gerat vir feestyd, nasien van eindeksamen sonder voorval voltooi, en die bloedbank benodig dringend skenkers. Luister die hooftrekke hier.

Bloedbank benodig dringend bloed

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) ervaar ‘n ernstige tekort aan bloed, en het mense aangemoedig om bloed te skenk voor Kersfees. Ronald Marsh skryf dit toe aan ‘n toename in die vraag na bloed en afname in skenkings wat hulle gewoonlik hierdie tyd van die jaar ervaar. “Desember is tradisioneel ‘n moeilike tyd vir ons, […]

Ses vas wat departement glo uit R3m bedrieg

Ses mense is gister deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R3‪ miljoen. Nomthandazo Khoza (41) was ‘n boekhouklerk in die departement van onderwys se Bohlabela-area wat na bewering tussen Mei 2019 en November 2020 saam met ‘n kollega, Mosibudi Makutu (45), geld uit die departement aan […]

Wat elke ouer moet weet oor angs by kinders

Kinders van al hoe jonger ouderdomme benodig toenemend professionele hulp vir angs. Die onsekerheid wat onder meer die Covid-19-pandemie teweeg gebring het, dra daartoe by, maar dit is nie tot dit beperk nie. Opvoedkundige sielkundige, Christie Malan, het raad vir ouers. Sy het met Mireille gesels. Luister weer hier na die gesprek. Vir meer besonderhede, […]

Laeveld nuus – week 50 van 2021

In die hooftrekke uit die Laeveld die week: Covid-gevalle neem toe, kopbotsing eis ses lewens, MTPA waarsku weer teen leeus in Marloth Park en Mbombela-stadion hoop op kapasiteit-toeskouers vir All Black toets. Luister die nuushooftrekke hier.

Mbombela hoopvol dat vol stadions toegelaat word teen All Black-toets

Die bestuur van Mbombela-stadion is opgewonde dat hulle op 13 Augustus 2022 ‘n All Black toets teen die Springbokke sal aanbied. Roelf Kotze beskryf dit as ‘n absolute hoogtepunt vir die stad en stadion. Studies wat voorheen elders gedoen is, het die ekonomiese inspuiting op nagenoeg R100 miljoen beraam. “In rugbyterme kan ‘n mens nie […]

Verdagtes gesoek wat winkels by Tonga Mall oopblaas

Groot skade is aan verskeie winkels by Tonga Mall aangerig tydens ‘n rooftog. Volgens die polisie se brig. Selvy Mohlala het ‘n groep aanvallers Woensdag om 01:30 die oggend ‘n sekuriteitswag vasgebind en die ander beveel om te vlug. Met hul aankoms het ‘n skietgeveg tussen die polisie en rowers ontstaan. In twee van die […]

Hoe gemaak as jy ‘n leeu raakloop in Marloth Park?

Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) soek steeds na ‘n trop leeus wat meer as ‘n week gelede uit die Krugerwildtuin tot in Marloth Park ontsnap het. Gerrie Camacho sê hulle beplan om hulle te pyl en te skuif, weens die gevaar wat hulle vir mense inhou. Hul taak word egter bemoeilik omdat die leeus […]

Kenner: Moet nooit gerus wees oor hondsdolheid nie

Daar was vanjaar ‘n skerp styging in hondsdolheid-gevalle onder mense, waarvan die meeste kinders was. Die meeste gevalle van hierdie dodelike virus is bevestig in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, areas wat deur ‘n menigte toeriste, ook van die Laeveld, besoek word hierdie tyd van die jaar. Dr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in […]