Laeveld Nuus – week 40 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Menseregtekommissie ondersoek medisynetekorte, duisende Laevelders ingeënt tydens Vooma-naweek, die ATKV se kuieraande is terug, en help om die Carling Kampioene-span te kies. Luister die nuushooftrekke hier.

Goudpan-kampioenskappe skop af in Pelgrimsrus

Die nasionale goudpan-kampioenskappe het vandag in Pelgrimsrus afgeskop. Sanjay Singh, die senior bestuurder vir erfenisdienste in die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning (hy is ook die president van die Wêreld Goudpanvereniging) het met Roelf daaroor gesels. Ten spyte van die Covid-19-pandemie kon hulle wel voortgaan met die kompetisie in 2020, maar verlede jaar […]

Veearts: Beskerm klein hondjies teen katgriep

Die parvovirus, wat katgriep in honde veroorsaak, is dodelik en hoogs aansteeklik, waarsku dr. Christo Nortje van die Van Wijkstraat Dierehospitaal. Hy sê hoewel dit heeljaar teenwoordig is, sien sy praktyk hierdie tyd van die jaar meer gevalle. Hy het vir Ludi vertel hoe doeltreffend inentings teen dit is wanneer dit op die regte tye […]

Stem ‘n Puma-speler in die Kampioene-span in

Die publiek is genooi om te stem vir hul gunsteling rugbyspelers om ingesluit te word in die span vir die eerste Carling Kampioene-wedstryd. Die Carling Kampioene-span wat op 6 November op Loftus teen Kenia uitdraf sal heeltemal deur die publiek gekies word. Jy kan vir enige speler van die sewe Curriebeker-spanne stem. Die inisiatief is […]

Nog 10 000 geënt tydens Vooma-naweek in Laeveld

Mpumalanga kon die naweek tydens die regering se landwye Vooma-inentingsveldtog 19 295 mense teen Covid-19 inent. Die inisiatief is van stapel gestuur om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang deur private inentingslokale oor die naweek oop te maak. Volgens ‘n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Chris Nobela, is die […]

Sabie Xperience wink vir avontuurlustige bergfietsryers

Die jaarlikse Sabie Xperience vind vanjaar weer later as gewoonlik, volgende maand, plaas. Dit is die 17de aflewering van dié drie dag lange bergfietswedren wat gewoonlik vroeër die jaar is, maar sedert 2020 weens Covid uitgestel moes word. Dit sal van 4 tot 6 November by Floreat Riverside Retreat aangebied word. Die organiseerder, Denzil Lawrie, […]

ATKV-kuieraand maak terugkeer na grendeltydperk

Die plaaslike Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se gereelde kuieraande maak aan die einde van Oktober ‘n terugkeer na die grendeltydperk. Die organisasie beywer hulle daarvoor om die taal te bevorder en sal op 30 Oktober saamkuier by Mbombela-stadion. “Ons is almal lief vir ons taal,” sê Anita Hitge, ondervoorsitter van die plaaslike tak. “Ons […]

Kyk: 4 Eva Young stel nuwe musiekvideo vry

Die gewilde pikkies van 4 Eva Young Band het pas hul nuwe enkelsnit, “Ek is net ‘n kind”, vrygestel. Die jong lede van dié nuwe groep, raak al hoe meer bekend en gewild, en met goeie rede. Johan van Rooyen (11), Caitie Rock (11), Reuben Herbst (10) en Zandri Bezuidenhout (9) het met Gerhardt gesels […]

Luister weer: Palliatiewe sorg is baie meer as wat jy dink

Saterdag is Wêrelddag vir hospice en palliatiewe sorg. “As mense ‘hospice’ hoor, dink hulle die dood wag hulle in,” sê Landi Bezuidenhout van Nelspruit Hospice. “Hulle besef nie wat palliatiewe sorg alles behels nie.” Sy het vir Robin meer vertel oor wat dit werklik beteken. Sy wys daarop dat palliatiewe sorg bedoel is vir elke […]

Grusame ongeluk eis man in Mbombela

‘n Man is vanoggend in ‘n motorongeluk dood op die R40 in Riverside nadat ‘n taxi sy kar reg van voor getref het. In ‘n video van die voorval kan duidelik gesien word hoe die minibus beheer verloor en oor die middelmannetjie teen ‘n hoë spoed in die aankomende kar in gly. ER24 was om […]