ActionSA eis dat die Minister van Polisie en die Minister van Minerale en Petroleumbronne dringend rekenskap gee van die toenemende verspreiding van onwettige mynbou.
Dit volg op die ontdekking van die liggame van twee mans by Lily-myn in Low’s Creek gisteroggend.
Athol Trollip, ActionSA se Parlementêre leier, sê 10 jaar na die Lily-myn tragedie bly die liggame van drie mynwerkers ondergronds vasgekeer.
Luister:
Die polisie ondersoek die ontdekking van die liggame van die twee mans.
Volgens ‘n woordvoerder van die Mpumalanga-polisie, luit. kol. Jabu Ndubane, het hulle berigte ontvang rakende twee mans wat vermoedelik oorlede is.
Hul liggame is op die toneel gevind, bedek met komberse.
Luister:




