Pumas derde op Curriebeker-punteleer voor finale ronde

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion.

Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde.

Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die Boland Kavaliers met 16.

Daar is slegs een ronde oor om die halfeindrondes te bepaal.

Die pienktruie speel Saterdag om 14:00 teen die Cheetahs in Mbombela terwyl die Griekwas en Kavaliers sake Sondag uitspook.

Die Pumas-spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt.

Luister weer: