Pumas klop Boland vir hul eerste oorwinning in die Curriebeker-veldtog

Die Pumas het alles in die stryd gewerp vir ‘n oorwinning van 20-15 teen die Boland Kavaliers in Wellington Sondag.

Dit was hul eerste oorwinning in die 2026 Curriebeker-seisoen.

Die Pumas het tot sesde plek op die punteleer opgeskuif, terwyl Boland, na hul eerste nederlaag van die veldtog, aan die einde van ronde drie vierde is.

Willie Engelbrecht en die speler van die wedstryd, Nevaldo Fleurs, het vanoggend by Sonop Ontbyt kom inloer voor hul kragmeting die naweek teen die Bulle in Pretoria.

Luister weer: