SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe.
Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met R2,500 beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het.
In videomateriaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende gebare na omstanders wat hom teen die gevaar waarsku.
Owerhede het hom by die hek beboet.
‘n Woordvoerder, Rey Thakhuli, sê nog ‘n man is gewaar waar hy naby olifante buite sy voertuig rondloop en selfies neem.
Daar was die naweek ook drama toe ondersoekers vermis geraak het na hulle van hul helikopter geskei geraak het.
Luister: