TRAC doen ‘n beroep op N4-padgebruikers om hul reise vooraf te beplan en voorsiening te maak vir moontlike vertragings terwyl Suid-Afrikaners en Mosambiekers voorberei om oor die skoolvakansie en die Paasnaweek te reis.
Verskeie opgraderings- en rehabilitasieprojekte wat tans aan die gang is, sal van 1 tot 7 April onderbreek word, maar alle konstruksiesones bly aktief met verkeersbeheermaatreëls in plek.
TRAC waarksu oor baansluitings langs die roete en moedig motoriste aan om vooruit te beplan en addisionele reistyd toe te laat.
Onderstaande is die verwagte besigste reistye op die tolroete.






