Pumas derde op SA Beker-punteleer na weerlig wedstryd aflas

Weerlig het Vrydagaand ‘n einde gebring aan die SA Beker-kragmeting tussen die Toyota Cheetahs en verdedigende kampioene, die Airlink Pumas in Bloemfontein, met die wedstryd wat uiteindelik afgelas en as ‘n “geen-uitslag” aangeteken is.
Die Pumas het met 10-7 voorgeloop maar beide spanne het twee ligapunte verdien onder kompetisie-reëls.
Die Pumas lê gevolglik nou derde op die punteleer agter Griekwas en Boland wat beide 15 punte het.
Hulle speel Sondag om 15:00 by Mbombela-stadion teen die Valke.
Sampie Swiegers en Sango Xamlashe kuier in the ateljee.
Luister weer: