Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, sê na 100 dae in die amp dat hy aan die begin van sy termyn ‘n nuwe regsdepartement aangestel het om appèlle teen omgewingsimpakstudies wat deur die Departement Minerale en Petroleumbronne goedgekeur is vir mynaansoeke vinniger af te handel.
Aucamp verduidelik sy departement raak eers betrokke by so ‘n aansoek wanneer iemand teen die omgewingsimpakstudie appèlleer.
Hy gee sy versekering dat die departement nie enige mynaansoek wat skade aan die omgewing sal aanrig sal goedgekeur nie.
Hy gesels ook met 100.5FM oor onwettige mynbou en renosterstropery.
Luister:





