SANParke het aangekondig dat Shingwedzi-ruskamp in die Krugerwildtuin Vrydag sal heropen na die sluiting daarvan weens oorstromings in Januarie.
Vir nou is toegang slegs deur die Punda Maria- of Pafuri-hekke.
Herstelwerk is ook aan die gang by die Letaba-hoogwaterbrug wat die teerpad tussen Mopani en Letaba-ruskampe verbind.
Ander kampe wat in die noorde heropen het is Punda Maria, Bateleur, Mopani (gedeeltelik), sowel as Olifants wat toeganklik is deur die Phalaborwa-hek.
Talamati-boskamp is ontoeganklik na reënval Maandag.
Besoekers word daaraan herinner om geslote grondpaaie te vermy.








