Mpumalanga vloedskade op R3,5 milj. beraam

Mpumalanga het na raming R3,5 miljard se skade gely tydens die onlangse oorstromings.
Die woordvoerder van die provinsiale departement vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Freddy Ngobe, sê die grootste skade is in Ehlanzeni-distrik aangerig met Mbombela en Nkomazi wat die ergste deurgeloop het.
Voorlopige verslae toon R160 miljoen se skade is gely in die landbou-sektor en meer as 1,800 huise is beskadig.
Luister:

In totaal is 20 mense dood, waaronder 18 verdrink het.

Organisasies soos Gift of the Givers (foto) verleen ook hulp aan geaffekteerde gemeenskappe.