Nog weerwaarskuwings is uitgereik vir Limpopo en Mpumalanga te midde van voortgesette oorstromings.
President Cyril Ramaphosa het Nkomazi-munisipaliteit gister besoek om die omvang van die skade wat deur die oorstromings veroorsaak is en die regering se reaksie daarop te bepaal.
In Mpumalanga staan die dodetal op 20. In Limpopo is dit 18 met soektogte wat voortduur na verskeie vermiste mense.
Ramaphosa het nooddienswerkers, vrywilligers en hulp-organisasies geloof vir hul gekoördineerde reaksie op die ramp.
Hy sê die nasionale regering sal Mpumalanga op elke moontlike manier bystaan.
Die Nasionale Rampbestuursentrum het na die gure weer wat Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap sedert Desember geteister het, dit amptelik as ‘n nasionale ramp geklassifiseer.
Ramaphosa het ‘n allesomvattende benadering tot weerverwante rampe belowe.
Luister:
Sover is ‘n oranje vlak 4-waarskuwing uitgereik vir die noorde van Limpopo vandag en ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir ontwrigtende reën in die Laeveld van Limpopo en Mpumalanga.
In Limpopo sal meer as 450 skole vandag nie kan heropen nie weens hul ontoeganklikheid a.g.v. riviere wat oorstroom en brûe en paaie wat onbegaanbaar is in veral die Mopani en Vhembe distrikte.
Kyk:





