Die matriekklas van 2025 het ʼn slaagsyfer van 88% behaal wat die hoogste in die land se Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) se geskiedenis is.
Die provinsie wat die beste presteer het, is KwaZulu-Natal met 90,6%, gevolg deur die Vrystaat met 89,33% en Gauteng in die derde plek met 89,06%.
Mpumalanga se slaagsyfer het van 84,99% tot 86,5% verbeter.
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê meer as 900,000 kandidate het die eksamen geskryf, die grootste klas in die geskiedenis van die NSS-stelsel:
Gwarube is voorts bekommerd oor die aantal leerders wat uitval, veral namate hulle na gr. 11 en 12 oorskakel.
Sy sê as leerders die skool voor gr. 12 verlaat, lewer die stelsel nog nie gehalte op skaal nie, ongeag hoe sterk die finale slaagsyfer is:
Nazley Sharif van die DA sê in reaksie prestasieprobleme in vakke soos wiskunde en fisiese wetenskap wek ook kommer:
RISE Mzansi sê ook die onderwysstelsel moet in wiskunde en wetenskap belê om leerders toekoms-veerkragtig te maak.
Makashule Gana van RISE Mzansi sê Suid-Afrika moet voorkeur gee aan wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskunde-onderwys:
Die adjunk-woordvoerder van die regering, William Baloyi, sê die Klas van 2025 se prestasie is ‘n duidelike aanduiding van die harde werk en die veerkragtigheid wat leerders regdeur hul skoolloopbaan getoon het.
Hy sê hulle dink egter aan die leerders wat nie geslaag het nie:
ActionSA het ook die Klas van 2025 gelukgewens, maar sê die slaagsyfer in die hoofopskrifte weerspieël nie die ware prestasie van Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel nie.
Lerato Ngobeni van ActionSA sê indien die 1,14 miljoen leerders bygetel word wat sedert gr. 10 in 2023 skool verlaat het, daal die slaagsyfer tot 57,7%:
Build One South Africa (BOSA) beraam die “werklike” slaagsyfer op 54,7%.
BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê dit weerspieël ‘n onderwysstelsel wat jongmense se toekoms in gevaar stel:
Gwarube sê verder die 30-persent slaagsyfer wat opposisiepartye voorhou, is verkeerd en ondermyn leerders se ware potensiaal en ambisie.
Sy sê die NSS het minimum vereistes in ‘n volledige vak-pakket, wat hoër punte in belangrike vakke vereis.
Sy beklemtoon leerders moet die regte punte in die regte vakke behaal om in hulle voorkeurprogram op hoëronderwysvlak aanvaar te word:
Die UDM waarsku teen die viering van slaagsyfers sonder om die dieper werklikhede in die basiese onderwysstelsel te konfronteer.
Zandile Phiri van die UDM sê die party erken die vordering, maar dit moet nie gebruik word om volgehoue ongelykhede tussen skole, onveilige en vervalle infrastruktuur, oorvol klaskamers en tekorte aan leermateriaal te verbloem nie:





