Die polisie het gistermiddag ‘n daggaplantasie langs die Mhlambanyatsi-rivier in Buffelspruit, buite Malalane, ontdek.
Die daggaplante het ‘n geraamde straatwaarde van R2,9 miljoen.
Volgens die polisie is hulle besig om vas te stel aan wie dit behoort.
Die waarnemende provinsiale kommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, noem die ontdekking ‘n deurbraak in die bekamping van dwelmhandel.
Hulle moedig enigiemand met inligting oor wie die plante gekweek het aan om na vore te kom.





