Mannejag geloods na skietvoorval in Hazyview

Die Mpumalanga polisie doen ’n beroep op lede van die publiek vir inligting oor verdagtes wat gistermiddag twee mans op die Nyongane-hoofpad in Hazyview doodgeskiet het.

Die slagoffers het in die rigting van Nyongane gery toe daar op hulle geskiet is deur ’n onbekende aantal verdagtes.

Na die voertuig tot stilstand gekom het, het die aanvallers die insittendes van naby geskiet.

Die bestuurder en sy manlike passasier is noodlottig gewond.

‘n Vroulike passasier, volgens die polisie die bestuurder se vroue, het verskeie skietwonde opgedoen en is in ’n kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

‘n Tweejarige kind wat ook in die voertuig was, is ongedeerd.