Oorskot wat moontlik dié van ʼn vermiste lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is, is gister in Komatipoort op die grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek gevind.
Twee weermaglede se voertuig is op Kersdag meegesleur terwyl hulle na vermoede ‘n oorstroomde rivier probeer oorsteek het.
‘n Uitgebreide soek- en reddingsoperasie het gevolg.
Die liggaam van die een lid is Vrydag ontdek.
Volgens Mpumalanga se polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, sal DNS-toetse gedoen word om die identiteit van die man wat gister gevind is te bevestig.
Luister:
Die minister van verdediging, Angie Motshekga, sal na verwagting vandag Komatipoort besoek.
Mdhluli sê hulle het ook ‘n uitnodiging aan die families gerig.
Luister:
Intussen duur die soektog voort na Rikus Kylander, ‘n 18-jarige matrikulant van Krugersdorp, wat sowat twee weke gelede in Mosambiek vermis geraak het terwyl hy saam met vriende by Ponta do Ouro gesnorkel het.
Volgens Renegades Search & Rescue sal private duik-operateurs vanoggend hul soektog voortsit.
‘n Formele versoek is ook gerig vir addisionele hulp van die Suid-Afrikaanse polisie in die Kosi-baai en Sodwana areas.





