Wildtuin vereer uitsonderlike prestaties

Uitsonderlike werknemers van die Krugerwildtuin is Vrydag vereer tydens die jaarlikse prestasietoekennings wat by die Nombolo Mdluli-konferensiesentrum gehou is.

Dit is teen die agtergrond van SANParke se verbeterde prestasie vir die 2024/25-boekjaar, met ‘n 10% toename in inkomste tot R4,1 miljard.

 

Albert Mkansi, Vusi Lubisi, Katekani Sibuyi en Nicolus Mathebula het die kollig gesteel vir die ontvangs van die dapperheidstoekenning ter erkenning dat hulle hul lewens in gevaar gestel het deur gewapende vermeende stropers en wilde diere gekonfronteer het.

Volgens SANParke is die dapperheidstoekenning, ook bekend as die Krugerkruis, die hoogste eerbewys in die wildtuin.