Die Innibos-span het verlede week die voorreg gehad om Care for Wild Rhino Sanctuary te besoek, ’n organisasie wat ongelooflike werk doen om renosters en Suid-Afrikaners se natuurlike erfenis te beskerm.
As deel van hul besoek het die span vellies en T-hemde aan die toegewyde Care for Wild-span oorhandig, as ’n gebaar van waardering en ondersteuning vir die belangrike werk wat hulle daagliks verrig.

By Innibos lê dit diep in die bestuur se wese om terug te gee aan die gemeenskap en om onder andere groen, volhoubare projekte te ondersteun.
By Care for Wild het die Innibos-span eerstehands gesien hoe passie, toewyding en liefde die kern vorm van die organisasie se werk.
Hierdie ontmoeting het die span diep geraak en beklemtoon dit hoe noodsaaklik dit is om betrokke te bly by projekte wat ons omgewing en gemeenskap versterk.
“Die besoek het ’n blywende impak op ons gemaak en Care for Wild se goeie werk strek baie verder as net diere,” sê Naranda Leeuwner, bemarkingsbestuurder van Innibos. “Hulle ondersteun ook gemeenskappe in die omgewing en Innibos sien uit om hande te vat en daarop voort te bou.”
Luister ook hier:





