‘n Voormalige vriend van ‘n 19-jarige leerling word aangekla weens haar moord in Mataffin in Mbombela.
Die 18-jarige Katlego Mokoena en 19-jarige Lungelo Sithole het na bewering Maandag by Lusanda Mathabela se huis ingebreek en toe sy skree is sy verskeie kere gesteek.
Konstruksiewerkers wat naby was het haar pa geskakel.
Hy het op pad huis toe lede van Openbare Orde Polisiëring teëgekom het en hulle het reageer om die verdagtes aan te keer.
Luister:
Hulle bly in aanhouding tot Woensdag vir ‘n borgaansoek in die Nelspruit-landdroshof.
‘n Polisiewoordvoerder in Mpumalanga, luit. kol. Jabu Ndubane, sê die een, ‘n matrikulant, sal vandag sy eindeksamen-vraestel in aanhouding skryf.





