Witrivier-skietsaak tot Januarie uitgestel

Die moordbeskuldigde, Marco Schalekamp, het vanoggend in die Witrivier-landdroshof verskyn om aansoek te doen vir ‘n wysiging van een van sy borgtogvoorwaardes.

Hy word aangekla van moord met voorbedagte rade en poging tot moord na Pieter Burger doodgeskiet en Arno van Niekerk gewond is tydens ‘n voorval naby die Witrivier-rugbyklub in Junie.

Een van Schalekamp se borgvoorwaardes vereis dat hy drie keer per week by ‘n polisiestasie naby sy nuwe adres in Pretoria aanmeld.

Laevelder berig sy regspan het versoek dat dit gewysig word om hom buigsaamheid te gee oor waar hy moet aanmeld, aangesien hy onlangs ‘n finale onderhoud vir ‘n nuwe werk gekry het.

Die landdros het gesê dat die verdediging ‘n formele indiensnemingsbrief moet voorlê.

Die saak is tot 20 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Foto: Laevelder