‘n Sewejarige seuntjie wat Vrydagaand in Bosbokrand vermis geraak het, is gevind.
Volgens die polisie is Bokang Wiseman Mpangane gister (Dinsdag) in bosse naby Shanganhill gevind.
Hy was hy swak en is na die naaste hospitaal geneem vir mediese behandeling.
Bokang is Vrydagaand as vermis aangemeld.
Hy was op besoek aan sy pa in Shanganhill toe hy nie huis toe gekom het nadat hy buite gaan speel het nie.
‘n Soektog is gedoen, maar Bokang is eers Dinsdag gevind.