Die polisie het bevestig dat hulle ‘n ondersoek geloods het na ‘n transitoroof gistermiddag in Witrivier.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kolonel Fundiswa Maphanga, is ‘n vroulike omstander raakgeskiet.
Luister:
Die vrou is glo in die maag getref en na Themba-hospitaal geneem vir behandeling.
Paramedici glo haar wonde is nie lewensbedreigend nie.
Die polisie sê dit is onduidelik na presies hoeveel verdagtes hulle soek.
Volgens bronne het vyf aanvallers, waarvan drie met aanvalsgewere en twee met handwapens gewapen was, glo losgebrand op die sekerheidswagte wat kontant opgelaai het by Playbet.
Een bron sê soveel as 30 patroondoppies is op die toneel opgetel.
Die aanvallers het na vermoede te voet opgedaag en daarna met die kontant in ‘n voertuig gevlug.
Geen sekuriteitswag is gewond nie.
*Foto verskaf.