Man wat Duitse toeris op Numbi-pad doodskiet 25 jaar tronk toe gestuur

Jörg Schnarr was saam met sy vrou en nog twee passasiers na die Krugerwildtuin onderweg toe hy doodgeskiet is.

Joseph Napoleon Nyalunga is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die Duitse toeris, Jörg Schnarr, in Oktober 2022.

Schnarr was saam met sy vrou en nog twee passasiers op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin toe hulle aangeval en op geskiet is.

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa. 

Luister: 

Nyalunga is ook skuldig bevind aan poging tot roof en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word en effektief is sy vonnis 25 jaar.

Twee medebeskuldigdes, Marshall Cebo Mamba en Bongumusa Matsane, is vrygespreek weens ‘n gebrek aan bewyse teen hulle.