‘n 32-jarige vermeende stroper is Donderdagaand tydens ‘n konfrontasie met veldwagters in die Krokodilbrug-gedeelte van die Krugerwildtuin geskiet en in hegtenis geneem.
Veldwagters het voetspore opgemerk en op twee gewapende mans afgekom toe die een na bewering sy vuurwapen op hulle gerig het.
Die veldwagters het uit selfverdediging geskiet.
Die verdagte, wat met twee renosterhorings gevind is, is onder polisiebewaking in die hospitaal, terwyl sy medepligtige na nabygeleë suikerrietlande gevlug het.
Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur en doen ‘n beroep op die publiek om te help om hom aan te keer.