Vermeende boendoegeweld eis twee in Barberton

Twee afsonderlike voorvalle van vermeende boendoegeweld is gister in Barberton ontdek met die slagoffers wat in beide gevalle aan die brand gesteek is.
misdaad

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, het die moord van twee individue in beweerde boendoegeregtigheidsvoorvalle gister in Barberton ten sterkste veroordeel.

‘n Individu is na bewering aangerand en toe met voertuigbande aan die brand gesteek in Uitbreiding 10.

‘n Tweede, soortgelyke voorval is kort daarna by die Uitbreiding 13-sportgronde aangemeld met ‘n tweede slagoffer wat verbrand gevind is.

Beide is na bewering verdink van betrokkenheid by ‘n reeks huisrooftogte in die area.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, het ook by monde van sy departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, alle dade van groepsgeweld veroordeel. 

Luister: